# Die uittredende kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Edward Kieswetter, sê daar is niks verkeerd met kader-ontplooiing nie, want alle politieke partye stel lede in sekere posisies aan. Hy waarsku egter dit mag nie die enigste vereiste vir leierskaps-oorweging wees nie. Kieswetter beklemtoon bevoegdheid, vaardighede en prestasie moet voorop gestel word, en voer aan bekwame leiers dien burgers beter, ongeag politieke oortuiging of partylidmaatskap in die regering en openbare instellings. Kieswetter oorhandig Donderdag die posisie aan die inkomende kommissaris, Johnstone Makhubu.
Kieswetter sê bevoegdheid moet swaarder weeg as kaderontplooiing in leierskap