# Die Gautengse premier Panyaza Lesufi het die geskorste Tshwane Metropolisie-brigadier, Abraham Nkhwashu, se verskoning aavaar nadat hy beweer het hy het opdrag gekry om moorddossiere in te dien, insluitend die een van die Armand Swart-saak in Vereeniging. Nkhwashu het getuig hy het ‘n opdrag ontvang om sekere saakdossiere in te samel en aan die provinsiale kommissaris, Tommy Mthombeni, te gee, en gesinspeel dat Lesufi betrokke was. Nkhwashu het sy verklaring teruggetrek en formeel om verskoning gevra nadat Lesufi die bewerings ontken het.
Lesufi aanvaar Nkhwashu se verskoning ná vals dossier‑bewerings