# Eskom sê die kragstelsel bly bestendig ten spyte van hoë aanvraag. Die nutsmaatskappy sê daar is verbeterde prestasie, met die Energie-beskikbaarheidsfaktor wat gestyg het tot 60,47-persent en die dieselbesteding wat met meer as 87-persent op ‘n jaargrondslag gedaal het. Daar was minder onbeplande onderbrekings, wat die druk op die netwerk verlig. Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena sê die vordering weerspieël sy herstelplan, met byna ‘n jaar van geringe onderbrekings, wat dui op verbeterde betroubaarheid en koste-doeltreffendheid oor die elektrisiteitstelsel:
Eskom rapporteer verbeterde kragbestendigheid ten spyte van verhoogde vraag [KLANK]
ENG-MokoenaOnElecticity-Diesel