# ‘n Kenner aan die Universiteit van Pretoria vra versigtige optimisme na die bekendstelling van die Suid-Afrikaans-geleide MIV-entstofproefneming, Brilliant 011, in Kaapstad. Theresa Rossouw sê die studie is ‘n belangrike wetenskaplike stap in die lang en ingewikkelde soektog na ‘n MIV-entstof, maar is nie ‘n deurbraak of genesing nie. Sy sê MIV is steeds moeilik om te teiken, hoewel volgehoue vooruitgang in behandeling en voorkoming hoop bied. Rossouw het ook beklemtoon dat duidelike kommunikasie en openbare vertroue noodsaaklik is namate die navorsing vorder.
Universiteit van Pretoria se kenner versigtig optimisties oor MIV-entstofproefneming