Skip to content

Voormalige Regterpresident van KZN Achmat Jappie sterf op 70

# Voormalige KwaZulu-Natalse Regterpresident, Achmat Naeem Jappie, het in die ouderdom van 70 gesterf. Naeem is vanoggend ná ‘n kort siekbed dood. Sy begrafnis word vandag in Sherwood gehou. Hy is in 1998 aangestel tot die regbank en het vanaf 2015 as Adjunk-regterpresident en Regterpresident gedien. Hy was ook in 2015 deel van die Konstitusionele Hof, het belangrike sake gelei en was die voorsitter van ‘n Regterlike Gedragstribunaal. Hy het vier jaar gelede afgetree. Hy word oorleef deur sy pa, sy vrou en drie kinders.