Skip to content

China gereed om Afrikalande te help met die ekonomiese uitwerking van Midde-Oosterse oorlog

# Die Chinese president Xi Jinping sê Beijing is gereed om Afrikalande te help met die ekonomiese onrus van die Amerikaans-Israelse oorlog teen Iran. Afrikalande maak baie staat op brandstof-invoere, voedsel en kunsmis, en daar is tans wêreldwye ekonomiese skokke wat voortspruit uit die sluiting van die Straat van Hormoes. Xi sê China en Afrika, saam met ander lande van die Globale Suide, verteenwoordig ‘n regverdige mag in hierdie onstuimige en transformerende wêreld. China sal van volgende maand ‘n nul-tariefskema instel vir alle invoere vanuit 53 Afrikalande.