Skip to content

SARB sê konflik in Midde-Ooste toon wesenlike positiewe risiko’s vir die land se inflasietrajek

# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank wys daarop dat die voortslepende oorlog in Iran wesenlike positiewe risiko’s vir inflasie inhou, hoewel hy in hierdie stadium verwag dat inflasie met een persent na weerskante van sy teiken van drie persent kan beweeg. In sy Monetêre Beleidshersiening wat twee maal per jaar uitgereik word, sê die bank hy voorsien ‘n gemiddelde koers van 3,7-persent vir vanjaar voordat dit laat in 2027 tot sy teiken sal verslap. Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê Suid-Afrika is danksy ‘n laer inflasieteiken en vootdurende fiskale konsolidasie beter toegerus om die oorlog se energieskok te absorbeer as tydens die krisis in 2022.