# Die Spesiale Ondersoekeenheid het ʼn bewaringsbevel bekom om eiendomme en voertuie van 76,5-miljoen-rand te vries wat aan die sakeman, Siyabonga Moses Goodwill Nkosi, en sy netwerk van trusts behoort. Tussen 2021 en 2023 het amptenare van Kusile- en Matla-kragstasies oordrewe en onregmatige aankoop-orders vir skakelaars om kragstasies aan die gang te hou, goedgekeur. Die ondersoekeenheid sê amptenare het kontrakte afgeteken wat 50-duisend-rand vir skakelaars vra wat op daardie stadium tussen 180- en 450-rand gekos het. Hy sê Nkosi se entiteite het kanale geword om Eskom se verkrygingsgeld wederregtelik na luukse eiendomme te herlei.
Spesiale Ondersoekeenheid kry bevel om Eskom-tender van R76,5-miljoen te vries