# Sesi Baloyi van die Madlanga-kommissie het Tshwane se finansiële hoof, Gareth Mnisi, uitgevra hoekom hy nie ‘n bedrogondersoek geopen het nie ten spyte van bewyse van onreëlmatighede. Mnisi sê hy het destyds nie prima facie bewyse gehad om die saak te eskaleer nie. Baloyi voer aan die verkrygingsverslae het onreëlmatighede getoon wat moontlike bedrog aandui. Mnisi het die bevindinge erken, maar hou vol sy komitee het binne verkrygingsperke opgetree, met regstoesig wat sy besluitnemingsproses dikteer:
Mnisi erken onreëlmatighede met tenders, verdedig besluit om nie bedrog te ondersoek nie [KLANK]
ENG-Baloyi-MnisiOnFraud