# ActionSA vra ʼn onafhanklike en deursigtige ondersoek na bewerings deur die geskorste polisiekommissaris van Mpumalanga, Daphney Manamela. Sy het Sondag tydens ʼn nuuskonferensie ernstige bewerings gemaak teen onder andere die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, en gewese minister van Polisie, Bheki Cele. Dit sluit omkopery, korrupsie en politieke inmenging in. ActionSA-woordvoerder Thoko Mashiane sê hierdie bewerings kan nie geïgnoreer word nie, en beslissende stappe moet gedoen word om integriteit en openbare vertroue in wetstoepassing te herstel:
ActionSA vra onafhanklike ondersoek na geskorste polisiekommissaris van Mpumalanga se bewerings [KLANK]
ENG MashianeONAllegations