# Apple se uitvoerende hoof, Tim Cook, tree na 15 jaar af en die senior visepresident van apparatuur, John Ternus, neem by hom oor. Cook het in Maart 1998 by Apple aangesluit en is in Augustus 2011, kort voor die dood van die medestigter Steve Jobs, as uitvoerende hoof aangestel. Onder Cook se leiding het die maatskappy se waarde toegeneem tot meer as 65-duisend-miljard-rand. Hy beskryf die werk as die grootste voorreg van sy lewe. Hy word die uitvoerende voorsitter van Apple se raad van direkteure. Cook sê Ternus is ʼn visioenêr en sal met integriteit en eer lei.
Apple wys John Ternus aan as nuwe uitvoerende hoof terwyl Tim Cook na 15 jaar uittree