Skip to content

Ramaphosa bring hulde aan legendariese aktrise Cynthia Shange

# President Cyril Ramaphosa sê die legendariese aktrise, model en mode-ikoon, Cynthia Shange, se lewe was ʼn persoonlike triomf en bron van nasionale inspirasie en bewondering. Sy is gister in die vroeë oggendure op 76-jarige leeftyd in ʼn KwaZulu-Natalse hospitaal dood. Shange was die eerste swart vrou wat Suid-Afrika by die Mej. Wêreld-kompetisie verteenwoordig het en het in 1975 die hoofrol gespeel in die land se eerste swart fliek, Udeliwe. Ramaphosa sê Shange sal gemis word.