# ‘n Tsoenami is sowat 50-kilometer van die Japannese kus waargeneem na ‘n kragtige aardbewing noordoos van die land. Eerste minister Sanae Takaichi het mense in die betrokke gebiede aangespoor om na hoërliggende gebiede te ontruim. Die openbare uitsaaier, NHK, berig die aardbewing het op ‘n diepte van 10-kilometer voorgekom en is gevoel in die hoofstad, Tokio, honderde kilometer van die middelpunt. Japan se Meteorologiese Agentskap waarsku ‘n groter tsoenami kan die kus tref ná die eerste golf. Tsoenami-waarskuwings is in dele van Hokkaido en Iwate uitgereik.
Japan reik tsoenami-waarskuwing uit na hewige aardbewing noordoos van die land