Skip to content

Hof hoor Matshela Koko se saak aan oor die R2,5-miljard ooreenkoms tussen die NVG en ABB

# Die Johannesburgse Hooggeregshof hoor vandag die gewese Eskom-hoof, Matshela Koko, se aansoek aan oor ʼn strafherstellingsooreenkoms van 2,5-miljard-rand tussen die Nasionale Vervolgingsgesag en die Sweeds-Switserse tegnologiemaatskappy, Asea Brown Boveri. Die maatskappy het erken dat hy gunslone aan ʼn hooggeplaaste Eskom-amptenaar betaal het om ʼn kontrak by die Kusile-kragstasie te bekom. ʼn Ooreenkoms is in 2022 bereik. Koko voer aan ABB moes nie vrystelling van vervolging gekry het nie, en dat omkoop-bewerings hom regstreeks verbind met die NVG se vorige pogings om hom te vervolg vir korrupsie in ʼn tender van 2,2-miljard-rand.