# Eskom sê die voortgesette afname in dieseluitgawes dui op kostebesparings en operasionele verbeterings wat deur sy aanhoudende omkeerpogings behaal is. Woordvoerder Daphne Mokwena sê sedert die begin van hierdie maand is dieseluitgawes 172-miljoen-rand, aansienlik laer as die 1,68-miljard-rand vir dieselfde tydperk verlede jaar. Dit weerspieël ‘n jaar-op-jaar daling van 89,76-persent. Mokwena sê oor die algemeen bevestig die positiewe neiging die groeiende bestendigheid en doeltreffendheid van die kragstelsel:
Eskom sê voortgesette afname in dieseluitgawes toon kostebesparings en operasionele verbeterings [KLANK]
ENG MokwenaONDiesel