# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê die sukses van plaaslike ekonomiese ontwikkeling berus op werkende, bekwame en aanspreeklike munisipaliteite. Dit volg op die tweedaagse Nasionale Plaaslike Ekonomiese Ontwikkelingsberaad oor gesamentlike, praktiese en daadwerklke oplossings vir inklusiewe plaaslike ekonomiese groei en beter dienslewering. Hlabisa sê plaaslike regering bly die dryfkrag van ekonomiese ontwikkeling. Hy waarsku egter finansiële belegging alleen sal nie uitslae lewer sonder bekwame munisipale administrasies en politieke leierskap nie.
Minister Hlabisa sê plaaslike regering bly die dryfkrag van ekonomiese ontwikkeling