# Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die EFF-leier Julius Malema se vyf jaar regstreekse gevangenisstraf sal as die verlangde afskrikking dien vir voornemende oortreders in vuurwapenverwante oortredings. Sy saak spruit uit ‘n 2018-voorval in Mdantsane, waar hy ‘n geweer afgevuur het tydens die party se vyfde verjaardagbyeenkoms. Die Oos-Londense Landdroshof het Malema verlof toegestaan om teen sy tronkstraf te appelleer, maar nie teen sy skuldigbevinding nie. Luxolo Tyali van die NVG sê die vonnis beklemtoon die beginsel van gelykheid voor die reg:
NVG sê Malema se vonnis sal as ‘n afskrikmiddel dien vir voornemende oortreders in vuurwapenverwante misdrywe [KLANK]
ENG TyaliOnRuleOfLaw