Skip to content

ANC vol vertroue dat Roelf Meyer Suid-Afrika met onderskeiding en integriteit sal verteenwoordig

# Die ANC verwelkom Roelf Meyer se aanstelling as Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika en sê dis ʼn meesterlike strategiese ontplooiing. Sy aanstelling volg nadat die vorige ambassadeur, Ebrahim Rasool, uit Amerika geskop is nadat hy in 2025 persona non grata verklaar is ná opmerkings tydens ʼn webinaar oor Amerikaanse politiek. Die ANC sê Meyer se aanstelling kom op ʼn belangrike oomblik in die veranderende verhouding tussen Suid-Afrika en Amerika. Hy sê Meyer sal die land met onderskeiding en integriteit verteenwoordig.