# Die EFF verwerp Roelf Meyer se aanstelling as Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika, en sê dis toondoof en ʼn belediging vir die land se demokratiese stryd. President Cyril Ramaphosa het Meyer as nuwe ambassadeur aangestel nadat die pos meer as ʼn jaar lank vakant was sedert Ebrahim Rasool in Maart verlede jaar uit Amerika geskop is. President Donald Trump se administrasie het Rasool persona non grata verklaar na sy opmerkings oor Amerika se sogenaamde wit oppergesag en grondhervorming in Suid-Afrika. Die EFF sê Meyer se aanstelling gee aanstoot.
EFF sê Roelf Meyer se aanstelling as ambassadeur in Amerika is polities toondoof