# EFF-leier Julius Malema se regsverteenwoordiger, Laurence Hodes, het die Landdroshof in Oos-Londen in die Oos-Kaap gevra vir ‘n inskiklike vonnis, insluitend alternatiewe vir gevangenisstraf. Die voorvonnis-verrigtinge het vanoggend begin nadat Malema skuldig bevind is aan onder meer die afvuur van ‘n vuurwapen in ‘n beboude gebied tydens ‘n saamtrek in Mdantsane in 2018. Hodes het aangevoer die vuurwapen is slegs vir vieringsdoeleindes gebruik sonder die bedoeling om skade te doen:
Verdediging bepleit strafversagting in Malema se vonnisoplegging [KLANK]
ENG-HodesOnMalema