# Die DA in Tshwane vra die stad om aandag te skenk aan die waterkrisis in Hammanskraal nadat ‘n water-vergadering Maandag ontwrig is. Die party sê ontevrede inwoners het ‘n openbare vergadering in die Sebothoma-saal ontwrig en burgemeesterskomiteelede weggejaag toe die burgemeester, Nasiphi Moya, nie opgedaag het nie. Die DA-lid, Themba Fosi, sê besteding aan watertenkwaens het binne een boekjaar tot 777-miljoen-rand gestyg onder die stad se mislukte ANC-geleide administrasie.
DA in Tshwane vra stad om voorkeur te gee aan waterkrisis in Hammanskraal