Skip to content

Ramaphosa gaan Roelf Meyer aanwys as die land se volgende ambassadeur in Amerika

# President Cyril Ramaphosa is volgens berigte gereed om die ervare politikus, Roelf Meyer, as Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika aan te wys. Die 78-jarige Meyer was van 1979 tot 1997 parlementslid en hoofonderhandelaar van die Nasionale Party tydens onderhandelings om apartheid te beëindig. Hy was ook deel van die span wat Suid-Afrika se demokratiese grondwet opgestel het. Meyer vervang Ebrahim Rasool, wat in 2025 deur Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, as persona non grata verklaar is ná sy kritiek teen president Donald Trump se administrasie en beleid.