# Swem: Die Kaapstadse langafstandswemmer Karen Kennedy het geskiedenis gemaak toe sy die afstand tussen Bloubergstrand en Robbeneiland binne net meer as tien-uur vier keer afgelê het. Die 59-jarige Kennedy het die ysige tog sonder ‘n duikpak voltooi en wag nou op bekragtiging van Guinness World Records as die eerste en vinnigste vrou om hierdie prestasie te behaal. Sy sê dit is bedoel om vroue te inspireer, veral dié wat ouer as 50 jaar is, om hul drome na te jaag omdat drome nie ‘n vervaldatum het nie.
Swem: Kaapstadse swemmer maak geskiedenis met viervoudige Robbeneiland-kruising