Skip to content

Borgtog-aansoek uitgestel van pastoor wat beskuldig word van verkragting van jong familielid

# Die borgtog-aansoek van ‘n 58-jarige pastoor wat beskuldig word van die verkragting van sy 12-jarige familielid, is uitgestel in die Landdroshof in Roodepoort, Gauteng. Dit is om die verdediging toe te laat om verdere persoonlike besonderhede te bekom. Die beskuldigde het na bewering oor Paasnaweek die meisie in sy huis in Dobsonville verkrag. Inwoners, politieke leiers en leerders het voor die hof vergader om geregtigheid te eis. Die saak sal volgende Woensdag hervat te midde van verhoogde veiligheidsmaatreëls.