# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika is een van vele ekonomieë wat meeding om beleggings terwyl baie beleggers onseker is oor die rigting van die wêreldekonomie. In sy weeklikse nuusbrief sê hy die globale landskap het toenemend onseker en mededingend geword. Ramaphosa sê vordering word gemaak met die verwydering van hindernisse vir beleggings, aangesien dit nie onder toestande van beleidsonsekerheid kan realiseer nie. Hy sê die regering doen beslissende stappe om korrupsie uit te roei, afpersing op konstruksieterreine te voorkom en die rug van die onwettige ekonomie te breek.
Ramaphosa sê beleggings kan nie verwerklik word onder toestande van beleidsonsekerheid nie