# Nege polisielede is borgtog van drie-duisend-rand elk toegestaan deur die Bultfontein-landdroshof in die Vrystaat op vier aanklagte van moord wat verband hou met ‘n skietery in September 2024. Drie burgerlikes en een beampte is in die voorval dood. Die lede is oor die naweek in hegtenis geneem na ‘n ondersoek deur die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat na ‘n huishoudelike geskil in die Phahameng-township. OPOD-woordvoerder Phaladi Shuping sê die polisie sal oor interne skorsings besluit:
Nege polisielede borgtog toegestaan in Vrystaatse moordsaak [KLANK]
ENG-ShupingOnOfficers2