Skip to content

Adjunkminister van Justisie verwerp bewerings van dubbele burgerskap

# Die Departement van Justisie sê adjunkminister Andries Nel is ‘n Suid-Afrikaanse burger en het nog nooit burgerskap van ‘n ander land gehad of aansoek gedoen daarvoor nie. Dit volg op berigte waarin minister John Steenhuisen se vorige personeelhoof, Roman Cabanac, se regsverteenwoordiger, Carel Crafford, beweer het verskeie staatsamptenare, insluitend Nel, het dubbele burgerskap. Die departement sê Nel is in New Orleans in Amerika gebore as die kind van Suid-Afrikaanse diplomate, en kinders van geakkrediteerde buitelandse diplomatieke amptenare in Amerika bekom nie burgerskap nie.