# Die DA het ‘n nuwe leierskap met die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, wat as leier verkies is tydens die party se verkiesingskongres wat oor die naweek in Midrand gehou is. Die leier van Gauteng, Solly Msimanga, is as federale voorsitter verkies, die tweede magtigste posisie in die DA. Die drie federale ondervoorsitters is Siviwe Gwarube, Solly Malatsi en Cilliers Brink. Ashor Sarupen volg Helen Zille op as voorsitter van die federale raad, met sy drie adjunkte JP Smith, Thomas Walters en Carl Pophaim. Mark Burke is as voorsitter van federale finansies verkies.
Die DA het ‘n nuwe leierskap met Geordin Hill-Lewis aan die stuur