# Die Globale Omgewingsfasiliteit het aanvanklike skenkerbeloftes van 64-miljard-rand vir sy negende aanvullingssiklus verseker, wat die wêreldwye verbintenis tot omgewingsbeskerming versterk. Die fonds het oor 30 jaar meer as 443-miljard-rand in skenkings verskaf en 155-miljard vir wêreldwye projekte beskikbaar gestel. Die voorsitter, Claude Gascon sê die befondsing dui op sterk internasionale steun vir die natuur ten spyte van mededingende prioriteite. Hy het bevestig dat die nuwe siklus sal fokus op volhoubaarheid, klimaataksie, biodiversiteitsbeskerming en verhoogde steun vir ontwikkelende lande en kwesbare gemeenskappe.
Wêreld-omgewingsfonds verseker R64-miljard in beloftes