# Die N3 naby die Harrismith-noord-wisselaar in die Vrystaat is heropen nadat verskeie vragmotors die pad versper het. Owerhede sê alle bane in beide rigtings is nou oop, maar motoriste moet voortgesette vertragings verwag tot die bestaande opeenhopings opgeklaar het. Die N3 Tolkonsessie se hoofbedryfsbeampte, Thania Dhoogra, vra padgebruikers om versigtig te wees en geduldig te bly. Die Padverkeersbestuurskorporasie sê dit kan etlike ure duur voor die gewone verkeersvloei herstel.
N3 naby Harrismith heropen nadat vragmotors pad versper het