Skip to content

SAKP se besluit oor munisipale verkiesing boaan ANC-NUK se agenda by spesiale vergadering

# Die ANC se nasionale uitvoerende komitee hou vandag in Gauteng ʼn spesiale vergadering waar hulle sal fokus op die veranderende verhouding tussen die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty. Dit volg na die SAKP se besluit om onafhanklik aan die komende munisipale verkiesing deel te neem. Hulle sal ook bespreek of SAKP-lede dubbele lidmaatskap mag hê. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het hom skerp uitgespreek teen die SAKP se besluit en beskryf dit as wispelturig en gevaarlik vir die Nasionale Demokratiese Rewolusie.