# Die 2026 Gautengse Beleggingskonferensie het sy teiken verbygesteek en 205,6-miljard-rand se nuwe beloftes ontvang terwyl sy mikpunt 200-miljard-rand was. Die meeste beloftes is vir die infrastruktuur-geleide sektore. Vervoer en logistiek het beloftes van sowat 60,3-miljard-rand ontvang, gevolg deur eiendom en kern-infrastruktuur. Verlede jaar se beleggingsbeloftes het sowat 312,5-miljard-rand beloop. Die LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling, Landbou en Landelike Ontwikkeling, Vuyiswa Ramokgopa, sê die provinsie het nou meer as 500-miljard-rand in privaatsektorbeloftes bewerkstellig:
Gautengse Beleggingskonferensie ontvang beloftes van R205-miljard [KLANK]
ENG RamokgopaOnPledges