Skip to content

Solidariteit vra dringende beëindiging van buitensporige oorhoofse brandstofkostes

# Die vakbond Solidariteit doen ‘n beroep op brandstofmaatskappye om onmiddellik die buitensporige oorhoofse koste van tot drie rand per liter op diesel en een rand per liter op petrol te staak. Die vakbond waarsku dat hierdie koste aan verbruikers deurgegee word, met vulstasies wat dit nie kan absorbeer nie en groothandelaars wat hul monopolieposisies misbruik. Theuns du Buisson van Solidariteit doen ‘n beroep op brandstofmaatskappye om verantwoording te doen en belowe om voort te gaan om druk uit te oefen totdat die koste geskrap word.