# Die Openbare Beleggingskorporasie het aangekondig dat hy 2,7-miljard-rand in die Waterfall City-ontwikkeling in Midrand, Gauteng, belê het. Die voorsitter, David Masondo, het tydens ‘n oorsigbesoek die gemengde gebruiksontwikkeling beskryf as ‘n uitstekende voorbeeld van ‘n hoëgehalte-, langtermynbelegging in Suid-Afrika se stedelike toekoms, wat net minder as 23-duisend werksgeleenthede onderhou. Hy beklemtoon dit is deel van ‘n sorgvuldig gebalanseerde en uiteenlopende eiendomsportefeulje wat ontwerp is om finansiële opbrengste en maatskaplik-ekonomiese uitwerking aan te dryf. Masondo sal die volgende drie maande verdere toesigbesoeke aan nasionale sleutel-bates onderneem.
OBK belê R2,7-miljard in Waterfall City in Midrand