Skip to content

Konstitusionele Hof sê Phala Phala-uitspraak word binne ’n maand gelewer

# Die Konstitusionele Hof sê uitspraak oor die Parlement se hantering van die Phala Phala-saak sal binne ʼn maand gelewer word. Die EFF het die hof in 2024 genader om die Parlement se besluit in Desember 2022, om nie die Artikel 89-paneel se verslag te aanvaar nie, uit te daag. Volgens dié verslag het president Cyril Ramaphosa ʼn prima facie-saak om te beantwoord. Dit hou verband met die inbraak op sy Phala Phala-plaas in Limpopo in Februarie 2020. Die EFF sê dis duidelik dat die Konstitusionele Hof toegee aan politieke druk.