# Die adjunkhoof van die Tshwane Metropolisie, Sean Bolhuis, het bevestig dat daar tans geen formele beleid is wat klaringsertifikate van beamptes vereis nie. Bolhuis het voor die Madlanga-kommissie getuig en gesê hoewel keuring nog nie verpligtend is nie, word dit sterk aangemoedig, veral vir senior amptenare wat sensitiewe inligting hanteer. Bolhuis het beklemtoon dat volledige keuring, insluitend lewenstyl- en finansiële kontroles, van kritieke belang is vir aanspreeklikheid. Hy het kommer uitgespreek dat sommige senior amptenare weier om keuring te ondergaan:
Bolhuis van TMPD bevestig daar is geen amptelike beleid vir klaring nie [KLANK]
ENG-BolhuisOnVetting2