# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê ‘n tweejaarlikse MIV-voorkomingsinspuiting sal ná die bekendstelling versprei word na 350 oorbelaste gesondheidsgeriewe. Altesaam 37-duisend-920 dosisse het vanaf Ierland aangekom. Die middel, wat Gilead Sciences ontwikkel het, is daarop gemik om voorkomingskeuses uit te brei en nakoming te verbeter. Motsoaledi sê dit sal kwesbare groepe bevoordeel, insluitend sekswerkers en selfde-geslag-paartjies. Hy sê die bekendstellingsdatum word binnekort verwag, met die verspreiding wat na verwagting volgende maand sal begin. Suid-Afrika is die eerste Afrika-land wat lenacapavir versprei.
Motsoaledi bevestig verspreiding van lenacapavir-inspuiting ná komende bekendstelling