# Oudpresident Jacob Zuma het die Konstitusionele Hof genader om regter Sisi Khampepe te verwyder as voorsitter van die Waarheids- en Versoeningskommissie-ondersoek. Die Hooggeregshof in Johannesburg het verlede maand ‘n aansoek van Zuma en sy voorganger, Thabo Mbeki, verwerp om Khampepe te verwyder en gelas die hoofregter se toestemming word benodig voor regstappe teen ‘n regter gedoen mag word. Zuma voer in sy aansoek aan die Konstitusionele Hof aan dat die Hooggeregshof ‘n fout begaan het deur nie aandag te skenk aan die meriete van die saak nie.
Jacob Zuma neem stryd om regter Khampepe te verwyder na die Konstitusionele Hof