# Die Nasionale Vervolgingsgesag beplan om volgende week in die Landdroshof in Pretoria-Noord borgtog vir Fannie Nkosi, ‘n geskorste lid van die Gautengse eenheid vir Georganiseerde Misdaad, teen te staan. Nkosi is verlede week in hegtenis geneem ná ‘n polisie-klopjag by sy huis in Pretoria. Lumka Mahanjana van die NVG sê hy staan tereg op aanklagte insluitend regsverydeling, die besit van onwettige ammunisie en die versuim om vuurwapens en ammunisie te beskerm, ingevolge die Wet op Vuurwapenbeheer:
NVG gaan volgende week Nkosi se borgtogaansoek teenstaan [KLANK]
ENG-MahanjanaOnNkosi