Skip to content

Fannie Nkosi vir veiligheid in hospitaalafdeling by Kgosi Mampuru Gevangenis aangehou

# Die Landdroshof in Pretoria-Noord het beslis dat Fannie Nkosi, ‘n beampte van die SAPD se eenheid vir Georganiseerde Misdaad  in Gauteng, eers op 13 April om borgtog kan aansoek doen. Die staat sê hulle het meer tyd nodig om amptelike dossiere te hersien wat  tydens ‘n klopjag by sy huis in Pretoria beslag gelê is, en om plofstof te toets wat in sy besit gevind is.  Nkosi staan tereg op aanklagtes van diefstal, regsverydeling en die besit van ongelisensieerde ammunisie en skokgranate, en sal vir sy eie  veiligheid in die hospitaalafdeling van die Kgosi Mampuru Korrektiewe Dienste aangehou word.