# Die Suid-Afrikaanse Versekeringsvereniging sê die berging van petrol by die huis kan ernstige veiligheids-, omgewings- en versekeringsgevare inhou. Sekere verbruikers het blykbaar begin om groot hoeveelhede brandstof te berg te midde van onsekerheid oor brandstofvoorraad weens die Midde-Oosterse konflik. Die vereniging sê die meeste munisipaliteite laat slegs 20 tot 25 liter brandstof in goedgekeurde houers op ‘n slag toe, wat vir algemene gereedskap soos grassnyers gebruik word. Hy sê die berging van meer brandstof as die vereiste perke is ‘n oortreding van verskeie regulasies.
Versekeringsvereniging rig waarskuwing oor gevare in die opgaar van brandstof