# Die Gauteng Groei- en Ontwikkelingsagentskap sê hy is gereed vir die 2026 Gauteng Beleggingskonferensie die week, wat daarop gemik is om 200-miljard-rand in nuwe beleggings te verseker. Die agentskap se woordvoerder Muziwethu Mathema sê hulle bou voort op die 2025 Beleggingskonferensie wat 312,5-miljard-rand in beloftes gelok het. Die geleentheid fokus op die omskakeling van verbintenisse in haalbare projekte. Hy het bevestig hulle verwag meer as ‘n duisend konferensiegangers in sleutelsektore, insluitend groen energie, infrastruktuur en vervaardiging, wat die provinsie se 800-miljard-rand beleggingsteiken oor vyf jaar ondersteun.
Gauteng teiken R200-miljard se beleggings op 2026-konferensie