# Die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit veg steeds teen verskeie brande, insluitend ‘n groot strook bo die Guano-grotte buite Montagu. Die munisipale woordvoerder, Jo Anne Otto, sê sterk winde het die brand oor die R62 gedryf en geboue word bedreig. Spanne van die Kaapse Wynland, Langeberg Munisipaliteit, CapeNature en ander vennote veg teen die vlamme om eiendomme te beskerm, met helikopters wat ontplooi is. Swaar rook bedek die gebied, en die R62 bly gesluit:
Padsluitings duur voort terwyl Wynland-brandweerdienste steeds veg teen brande by Montagu [KLANK]
AFR OttoOnRoadClosure