Skip to content

Twee sterf, ses gewond in skietvoorval in Wentworth

# Twee mense is doodgeskiet en ses gewond in ‘n voorval in Wentworth, Durban. Die voorval het plaasgevind toe aanvallers uit hulle voertuig geklim en losgebrand het op ‘n groep mense wat naby ‘n woonstelgebou gesit het. Nooddienste het blitsig reageer, maar twee slagoffers is op die toneel aan hulle wonde dood. KwaZulu-Natal se polisie het met ‘n soektog begin en probeer die motief uitpluis.