Skip to content

EMPD-woorvoerder beskryf werkverwante lokval [KLANK]

# ‘n Woordvoerder van die Ekurhuleni Metropolisie, Kelebogile Thepa, het ‘n emosionele beskrywing gegee van ‘n lokval waarin sy in Tembisa in Julie 2023 gelei is. Thepa het by die Madlanga-kommissie beskryf hoe drie gewapende mans haar met ‘n vuurwapen aangehou, geslaan en met haar en haar vriendin in haar voertuig weggery het. Haar getuienis kom te midde van voortgesette ondersoeke na die departement en CAT VIP Protection Services se bloulig-sage. Thepa het beklemtoon dat die aanval werkverwant was, aangesien die aanvallers haar selfoon geneem het

ENG-ThepaOnAttack2