# Die KwaZulu-Natalse Direkteur van Openbare Vervolging, Elaine Harrison, sê daar is verwikkelinge in die saak van die veroordeelde misdadiger Stuart Scharnick. Die waarnemende speurhoof, Anthony Gopaul, beweer Scharnick, wat met die geskorste adjunk-polisiekommissaris Shadrack Sibiya verbind word, is deur korrupte amptenare beskerm. Ondersoeke het vroeër aan die lig gebring daar is moontlik met sy misdaadrekords gepeuter. Die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag werk saam en toepaslike dossiere sal aan Harrison se kantoor oorhandig word vir verdere ondersoek. Scharnick het die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, van laster aangekla.
KZN Direkteur van Openbare Vervolging wag op veroordeelde misdadiger Stuart Scharnick se dossiere