# President Cyril Ramaphosa sê daar word ondersoek ingestel na die saak van 153 Palestynse vlugtelinge wat na Suid-Afrika gebring is. Die vlugtelinge het gister meer as 12 uur op ‘n vliegtuig op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng gesit voordat hulle die gebou kon binnegaan. Ramaphosa het in Kliptown, Soweto, gesê Binnelandse Sake, Internasionale Betrekkinge en intelligensie-agentskappe ondersoek hulle oorsprong en dokumente. Hy het bevestig ‘n aankondiging sal volg sodra die saak behoorlik geëvalueer is:
Ramaphosa bevestig ondersoeke na aankoms van Palestynse vlugtelinge [KLANK]
ENG-RamaphosaOnPalestinianRefugees