Skip to content

Chinese premier Li gaan G20-beraad bywoon

# China se ministerie van Buitelandse Sake het aangekondig premier Li Qiang gaan volgende naweek die G20-beraad in Suid-Afrika bywoon. ‘n Woordvoerder sê Li sal ook Maandag en Dinsdag ‘n geleentheid van die Sjanghai-samewerkingsorganisasie in Rusland bywoon, en Zambië Woensdag en Donderdag besoek. Hy sê Li se teewoordigheid by die G20-beraad beklemtoon China se verbintenis tot multilateralisme en sy betrokkenheid by die G20, wat fokus op belangrike kwessies rondom die wêreldekonomie.