# Die Buro vir Ekonomiese Navorsing sê die oplewing in Suid-Afrika se aanlynsportdobbelary moet beheer word. Die omset in weddery het in 2024/2025 ‘n rekord van 1,5-duisend-miljard-rand bereik. Besteding aan noodsaaklikhede soos voedsel en onderwys het nie gedaal het nie, maar mense bestee minder aan ander ontspanningsaktiwiteite. Die Nasionale Dobbelraad doen ‘n beroep op strenger advertensiereëls en moontlike heffings om onverantwoordelike dobbelgedrag te bekamp. Die buro waarsku dat onbeheerde weddenskappe finansieel-kwesbare Suid-Afrikaners kan skaad.