# Die ANC sê die regering maak vordering met werkloosheid, wat tussen Julie en September tot 31,9-persent gedaal het. Statistieke Suid-Afrika se jongste data dui aan dat meer as 248-duisend nuwe werksgeleenthede geskep is, die hoogste van voor die Covid-19-pandemie. Die party glo sy tienpuntplan werk om die ekonomie te laat groei. Die ANC se waarnemende woordvoerder, Nonceba Mhlauli, sê te veel Suid-Afrikaners bly werkloos, en moedig die regering, sakeondernemings en vakbonde aan om pogings te verskerp om die ekonomie te laat groei en bestaande werksgeleenthede te beskerm.
ANC verwelkom daling in werkloosheidsyfer